God se Getrouheid in Ons Swakheid

God se Getrouheid in Ons Swakheid

Krista Taylor

Die Realiteit Van Ons Tekortkominge

Een van die grootste begeertes van my hart is dat my kinders met Jesus sal wandel. Watter ongelooflike verantwoordelikheid het God ons as ouers gegee om klein mensies groot te maak.

Daar was tye in my vroeë 20’s wat ek gedink het ek is ‘n redelike ordentlike persoon. Ek was ‘n goeie vriendin, ‘n vriendelike dogter en ‘n aktiewe lid in my kerk. Nou, met vyf kinders, te midde van moederskap, is ek meer bewus van my eie verdorwenheid soos nooit tevore nie.

Ek stem daar saam met Paulus wat geskryf het: “Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word: ‘Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te red’—en ek is die grootste van hulle!” (1 Timoteus 1:15). Ongelukkig het my kinders en my man ‘n voorste ry sitplek vir die sonde in my lewe. Watter paradoks, dat hierdie klein mense wat in my huis woon, my op my beste en my slegste sien. As dit van my beste pogings afhang om hulle die skoonheid van Jesus te wys, sal ek volkome misluk. Prys die Here dit hang nie van my af nie! Ek is so dankbaar vir die genade van Jesus in my lewe, sowel as die krag van berou en vergifnis. Hoeveel keer ek ook al as moeder misluk, ek kan Jesus, en my kinders, vra om my te vergewe. En Hy doen dit!

Getrouheid in Ouerskap

Ek het mense in Christelike leierskap gesien wie se kinders weggedraai het van God af. Ek het ook dié gesien  wie se kinders hard die Here ywerig dien. Ons kinders, net soos ons, is ‘n vrye wil gegee. Een van die beste stukke advies wat ons as jong ouers ontvang het, toe ons seun net 6 maande oud was, was dat getrouheid in ouerskap nie bewys word deur volwasse kinders wat God volg nie. Getrouheid in ouerskap was om gehoorsaam te wees om alles in ons vermoë te doen om hulle te leer en op te voed in die pad wat hulle moet gaan.

Soos ons hierdie kosbare tyd met ons kinders geskenk word, kan ons ons bes doen om hulle die genade van God te wys. Om my kinders se vergifnis te vra is een van die mees vernederende dinge wat ek moes doen. Om vergifnis te soek was nie n voorbeeld wat aan my as kind geleef is nie. Ek dink nie enige van ons doen dit natuurlik nie. My hoop is dat ons kinders sal besef dat God se goedkeuring nie verkry word deur ‘n sondelose lewe nie, maar deur ‘n lewe van nederige berou en die aanvaarding van die genade wat slegs in Christus Jesus gevind kan word.

God aan die Werk in Ons Kinders

Dit is ons vreugde en voorreg om ons kinders te help om God in hul lewens te sien. Dit is selfs meer van ‘n seën om te sien hoe hulle reageer op die goedheid van God in hul klein lewens. Ek onthou hoe ek in die berge gestap het toe ons oudste ongeveer 4 jaar oud was, en hy het gesê: “Hoor, mamma. Die voëls sing vir Jesus!” By ‘n ander geleentheid het hy spontane lofliedere vir God begin sing. Nog ‘n keer, toe hy sy voortand op die sypaadjie vergruis het en bekommerd en angstig was oor hoe sy gesig sou lyk, het ‘n lied wat op gesit was in die motor gespeel. Die lirieke was: “Moet jou nie bekommer oor môre nie, want môre sal hom oor homself bekommer. Elke dag het genoeg moeilikheid van sy eie.” Hy het na my gedraai en gesê: “Daardie vers het my al verskeie kere in die lewe gehelp.” ‘n Paar oomblikke later het ons tandarts gebel om ons te vertel dat sy hom oor 30 minute kon sien! Prys die Here vir die manier waarop Hy Homself aan ons kinders openbaar en vir die vreugde om diegene te wees wat hulle na sy krag en grootheid kan wys.

As jy soos ek is en dikwels voel soos ‘n mislukking, die grootste van alle sondaars, en onseker is van die uitwerking wat dit op jou kinders sal hê, laat ek jou aanmoedig. God is groter as jou swakhede. Hy verheug Hom daarin om sy krag te wys te midde daarvan.