Week 3: Wanneer Vrees Ons Harte Gryp…

Week 3: Wanneer Vrees Ons Harte Gryp…

deur Angela | Jun 19, 2016 |

Week 3 Maandag

w3d1

Wat ‘n wonderlike God ons het en hoe genadig Hy is om vir ons getuienisse van Sy getrouheid deur die Bybel aan te teken. Ons lees van Dawid se lewe en ons sien die verskil tussen lewe vir God en lewe vir onsself … en die gevolge daarvan.

Vir die eerste deel van Dawid se lewe het dinge baie goed gegaan. Ja hy was nie die gunsteling seun van sy vader nie en ja ‘n paar van sy broers het hom nie so goed behandel nie.

Maar Dawid het geweet dat God hom gekies het en God was met hom en sy vertroue het in God alleen gerus. Dit het gelyk of alles wat hy gedoen het ‘n reuse sukses was – soveel so dat dit Koning Saul baie jaloers gemaak het. So jaloers dat hy Dawid wou doodmaak.

Dis toe wanneer Dawid toegelaat het dat vrees sy optrede bepaal in plaas van om sy geloof in God te plaas.

Hierdie week kyk ons Dawid se swakheid, sy menslikheid en die gevolge van sy vrees. Ek blameer nie Dawid vir die feit dat vrees in sy hart getree het nie. Ek het dit al toegelaat om in my hart te tree vir veel minder. Maar dit is wat ons weet: vrees kom nie van God nie (2 Tim 1:7). So wanneer vrees in Dawid se hart in getree het, het hy sy oë afgehaal van die Koning van alle konings – die einste een wat hom toegerus het om ‘n leeu, ‘n beer en ‘n reus- dood te maak – en in plaas daarvan het hy gehardloop.

Dawid het letterlik vir sy lewe gehardloop.

Alhoewel God voorheen kragtig deur hom gewerk het sien ons Dawid se menslikheid soos hy sy oë vanaf God neem en begin om sake in sy eie hande te neem.

Ongelukkig sien ons Dawid na almal toe draai behalwe God.

En soos Dawid, het ek dieselfde ding baie kere in my lewe gedoen.

Eerstens, verloor Dawid sy werk. Hy was hierdie wonderlike soldaat in Saul se weermag ‘n posisie wat weg is die oomblik toe Koning Saul probeer het om sy lewe te neem (1 Samuel 19:10)

Volgende, hardloop Dawid na sy vrou toe. Wie sou nie troos vind in een se gade nie? Maar weereens moet Dawid vlug wanneer Michal hom vertel dat dit nie vir hom veilig is om saam het haar te wees in hulle huis nie. (1 Samuel 19:11-12).

Verlies van werk, verlies van die gemak van jou huis en die verlies van ‘n geliefde … alles omdat ‘n mal kranksinnige koning op jaloers is en hoe God ‘n seën vir jou is.

Volgende hardloop David na Samuel toe (1 Samuel 19:18) die een wat God gebruik het om Dawid te salf en sy toekoms as regerende koning aan te kondig. Nou het daardie einste seen begin voel soos ‘n vloek – ‘n vloek wat skielik hartseer en pyn in sy lewe gebring het.

David draai toe na sy beste vriend Jonathan en vind dat hy daardie vriendskap vir die oomblik ook moet verlaat (1 Samuel 20:42).

Een vir een, die titels en verhoudings waarna Dawid toe gehardloop het vir troos, was weg.

Dan kom ons by ons verse vandag. Dawid is desperaat. Hy voel asof daar niemand is om na te draai nie, so gaan hy die land van sy vyande binne om toevlug te vind. Klink gek doen dit nie? Hy het voorheen hul tienduisende en hul geliefdes reus, Goliat vermoor en nou keer hy na hulle toe terug om vlugtelingstatus te soek van Koning Saul.

En ek wonder hoevel van ons het dieselfde ding gedoen?

Voorheen se vernietigende verhoudings of verslawing wat ons eens die krag gehad het om te eindig, vind onsself nou terug hardloop na hulle toe in ‘n oomblik van swakheid

Hier vind ons Dawid, ons geliefde held optree soos ‘n besetene: speeksel wat oor sy wange loop en vrees vir sy lewe .

Vrees.

Dit is wat Dawid jaag van verhouding tot verhouding en troos tot troos, in plaas van om te stop en na God te draai. Hy laat vrees toe om hom te agtervolg, hom uit te put en nou verloor hy sy waardigheid voor die einste mense vir hy gewys het hoe God se krag gewerk het as jong man toe hy hulle reus dood gemaak het. (1 Samuel 17: 46-47).

En ek glo dat God in Sy liefde, het toegelaat  dat Dawid deur hierdie pynlik seisoen van sy lewe gaan, sodat Dawid sou leer om ten volle te vertrou op God vir sy veiligheid en sy bepalings.

Dit is ‘n harde les om te leer. Dit is baie makliker om te vertrou in vriendskappe, titels, status, en bankrekeninge vir ons veiligheid en nie te draai tot God nie. Maar dit is net in God alleen waar ons die veiligheid wat ons harte en gedagtes soek, vind.

Dierbare vriendin hou moed. God kan wonderlike dinge doen in ons lewens waar ons die wêreld Sy heerlikheid kan wys soos ons ons eie reuse verslaan. Maar word aangemoedig, as jy jou oë af geneem het van jou Verlosser en jy het gehardloop van person tot person en ding na ding om die liefde of veiligheid te vind wat jy soek. Jy is menslik, en as iemand beskryf word as ” ‘n man na God se hart ” in die vrees strik kan val, is jy in goeie geselskap. Ons almal het.

Maar laat ons nie daar bly nie.

Bely jou sonde van draai na ander in plaas van om na God te draai. Verbind tot leun op God en Sy Woord en vind jou krag en rus in Hom .

Moenie toelaat dat enigiets of enigiemand ‘n plaasvervanger vir God word in jou lewe nie. En lees hierdie waarheid weer oor en oor totdat jy dit gememoriseer het in jou gedagtes en dit geëts is in jou hart: Jesaja 41:10 … “Moenie bang wees nie want Ek is met jou

“Menslike krukke verlam die loop van die geloof. ” – Chuck Swindoll

Laat ons leer van Dawid en plaas ons volle vertroue in God.

Kom ons praat: Wat veroorsaak jou om te vrees, en wat doen jy om dit te bekamp

Lief God Grootliks!

Angela

 

 

 

 

Week 3 Uitdaging: Hierdie week wanneer vrees jou hart gryp, lees Jesaja 41:10 en praat God se Word in jou hart en gedagtes

Week 3 Video:

Wanneer Vrees Ons Harte gryp

Week 3 Leesplan:

Leesplan

Week 3 Memorisservers:

w3d1

 

 

Leave a Reply