Hande Uitgestrek En Harte Vol

Hande Uitgestrek En Harte Vol

Deur Angela | Maart 31, 2017

My hande was leeg, en my hart was gebroke.

Ek was by die huis op die 3-dae verlof na my miskraam en ek het blindelings gestaar na die flitsende rekenaarskerm voor my. Ek het probeer om my Bybel te lees, maar ek kon nie fokus op meer as ‘n vers of twee nie. Ek wou van God hoor, maar my pyn het wantroue en wanhoop geweeklag.

Ek het daardie dag nooit Sy stem met my ore gehoor nie, maar as ek nou, sewe jaar later terugkyk, weet ek hoe Hy duidelik gepraat het. Hy het Kelli gebruik.

Kelli was ‘n vorige student van my, wat geweet het dat ek in pyn was. Sy het besluit om dapper te wees en haar verhaal met my te deel. Sy het vir my ‘n kort e-mail gestuur waarin sy bely het dat sy en haar man vir baie jare gesukkel het met onvrugbaarheid. Sy het ‘n blog begin om haar verhaal te vertel, met die hoop om vrouens wat op dieselfde pad is, te bemoedig.

“Ek deel hierdie nie met baie mense nie,” het sy erken. Maar, sy het my ingenooi in haar pyn in, sodat ek kan weet dat ek nie alleen was nie.

Ek het die volgende dag sonder ophou gelees. Ek het nog nooit ‘n blog besoek nie. Van Kelli se blog af, het ek baie plekke op die internet ontdek waar vrouens my verwelkom het in hulle lewens in en my laat weet het dat God steeds aan die werk was. God was teenwoordig. God was besig om gebrokenheid te verander na skoonheid. Sy glorieryke lig het uit hulle lewens uit geskyn oral oor die internet.

Maande later het ek besluit om ‘n blog te begin. Miskien kon ek een persoon bemoedig met my verhaal. Ek het ook ‘n uitnodiging van ‘n vriendin aanvaar om saam met haar ‘n aanlyn Bybelstudie te doen. Sy het gesê dat ons elke dag na ‘n paar versies sal kyk.

Ek kan ‘n paar versies ‘n dag doen, het ek gedink. Ek het ‘n notaboek gekry, en vier letters aan die bokant van die bladsy geskryf wat my lewe verander het.…

S.O.A.P.

Ek het begin om die Woord van die lewe neer te skryf, te soek vir hoop in die diepte daarvan, en waarlik te dink oor hoe dit my lewe sal beïnvloed as ek dit uitleef. Ek het eenvoudige gebede gebid. Ek het na God uitgeroep vir hoop en genesing.

My hande was oorgegee en my hart was oop.

Dit is nou 7 jaar sedert ek besluit het om in die Lig te tree en God toe te laat om my lewe te lei. Ek het geleer dat God die beste verhale skryf, maar ons moet eers vir Hom die pen gee.

In 2 Korintiërs 4, deel Paulus sy verhaal met ons, met die hoop om dié wat vermoeid van hart is, te bemoedig. Hy weet dat ons in hierdie gevalle wêreld die volgende sal ervaar:

  • Eksterne Chaos: Ons word in elke opsig geteister. Die druk van die lewe is oorweldigend.
  • Interne Verwarring: Ons is verward. Somtyds maak omstandighede net nie sin nie.
  • Onverdiende Kritiek: Ons word vervolg. Ons ervaar dikwels verwerping, misverstande en mishandeling.
  • Onverwagte Rampe: Ons word neergevel. Hierdie slegte wêreld wond ons en dit is moeilik om aan te hou loop.

Paulus wil hê ons moet weet dat gebrokenheid nie die einde van ons verhaal is nie. My liewe suster, God is nog nie klaar met jou nie. As jy Hom innooi in jou pyn in, sal Hy intree en jou die volgende gee:

  • Hulp: Jou Beskermer sal nooit toelaat dat hierdie wêreld jou verpletter nie.
  • Hoop: Hy sal vir jou vrede gee wat die verstand te bowe gaan.
  • Genesing: Hy sal jou nie in die steek laat nie, en jou nie alleen laat nie.
  • Hemel: Hierdie gevalle wêreld is net ‘n tydelike woonplek. Hy is besig om ‘n permanente huis vir jou voor te berei waar daar geen pyn of smart sal wees nie.

God wil jou versterk, Sy glorie skyn deur jou, en jou probleme verander in ‘n bediening van aanmoediging aan ander. Net soos Hy deur Kerri geskyn het, so verlang Hy om jou te gebruik as ‘n lig in ‘n donker plek.

Met uitgestrekte hande en vol harte, sal ons God se verlossing duidelik wys aan die kykende wêreld.

Hou die Geloof,

Lyli