Ons Moet Nie Wanhoop Nie

Deur Joan| Maart 30, 2016

Prediker.Woensdag

 w2d3blank

Ons Moet Nie Wanhoop Nie

Ek het in vertwyfeling geraak oor alles waarmee ek my met soveel sorg in hierdie wêreld besig gehou het. ‘n Mens wat wat met wysheid en kennis gewerk en sukses behaal het, laat sy besittings na aan een wat glad nie daarvoor gewerk het nie. Dit is nie reg nie. Ook dit kom dus tot niks. Wat het die mens nou eintlik aan alles waarmee hy hom met soveel sorg en ywer in hierdie wêreld besig hou? Elke dag bring vir hom pyn en elke onderneming ergernis; selfs snags kom hy nie tot rus nie. Ook dit kom tot niks. Prediker 2:20-23

In vandag se verse vind ons dat Salomo weeklag oor die geswoeg van sy arbeid. Hy praat oor hoe hard hy werk, hoe hy sy wysheid gebruik in die uitvoering van sy werk en dan, na sy dood, geniet iemand anders die vrugte van sy handewerk.

Wie van ons het nie op een of ander manier die angel van Salomo se woorde gevoel nie? Elkeen van ons het in iets of iemand belê, net om deur aksies, gesindhede of uitsprake uit te vind dat ons beste net nie goed genoeg was nie. Hoeveel van ons het al by daardie plek uitgekom waar ons alles wat ons het, belê het, net om onvervuld en moedeloos gelaat te word.  Ek ken iemand wat sy eie Salomo ervaring gehad het.

Hy is ‘n man wat ek en my man ken. Hy was die een wat ‘n gehoor kon kommandeer met sy openhartige vertelkuns, innemende geaardheid en verhale van prestasies wat oor kontinente gestrek het. Ons was verras toe hy gedurende ‘n sosiale geleentheid onttrek het van die skare, en in ‘n kort en nie eie aan hom, somber gesprek, sy sielsmarteling geopenbaar het.

Sy werk het vereis dat hy die grootste deel van die jaar moet reis, met sommige van die reise wat hom vir opeenvolgende weke weg van die huis geneem het. Toe sy kinders universiteit toe gegaan het, het hy besef dat hy hulle nie werklik ken nie; dat hulle eindelik vreemdelinge is. Tydens sy dekades van reise, het sy vrou haar tyd gevul met die versorging van die familie, die ontwikkeling van vriendskappe en die ondersteuning van die gemeenskap deur vrywillige diens. Soos sy werkskedule verminder het, het hy dit moeilik gevind om sy plek in haar lewe te vind. Die normale sprankel wat altyd in sy glimlaggende oë was, was weg. Berou het swaar op sy gesig gehang soos wat hy sy hart en sy pyn gedeel het. Hy het gepraat oor sy spyt oor die nutteloosheid van sy werk, en hy het vertel van sy begeerte om anders te kon kies. Ek en my man was stil soos ons huis toe gery het en die grootte van sy onthulling geabsorbeer het en die omvang van sy hartseer gevoel het.

Of ons nou uitsien na die grootste deel van ons lewens voor ons, of as ons ons goue jare ingaan en terugkyk op ons lewensgeskiedenis, dit is nooit te laat om oor Salomo se woorde te dink nie. Dié van ons wat met spyt leef, hoef nie te wanhoop nie. Die gelykenis van die Verlore Seun in Lukas 15, is vir ons ‘n herinnering dat dit nooit te laat is om na God terug te keer en ons lewens in Hom te herdefinieer nie. Soos ons onsself oorgee aan Jesus en Hom toelaat om die jare wat die sprinkane opgeëet het, te verlos, sal Hy ons lewens herstel en vernuwe. Soos ons onsself opnuut aan Hom onderwerp, kan ons God vertrou dat Hy vir ons sal wys hoe om lewens te leef wat gevul is met doel en betekenis.

Kom ons praat: Wanhoop jy oor alles waarmee jy jou met soveel sorg in hierdie wêreld besig gehou het? Is jy gewillig om dit alles aan Jesus oor te gee en vir Hom te wag om jou omstandighede te verlos en jou lewe te herstel in ooreenstemming met Sy wil? Mag ons jou in gebed ondersteun soos jy God vertrou om jou lewe in Christus te herdefinieer? Ons sal bly wys as jy met ons deel hoe God doel en betekenis in jou lewe herstel het.

Joan

Joan

 

 

 

 

 

Het jy Maandag se pos gemis – klik hier.

Leave a Reply