‘n Geestelike Dissipline Wat Jy In Die Bed Kan Doen


‘n Geestelike Dissipline Wat Jy In Die Bed Kan Doen

Deur Jen Thorn |29 Feb 2016


Welkom by die laaste week van ons “Gebed” studie. Ek is so trots op jou dat jy by ons gebly het gedurende hierdie weke, en ek hoop dat jy gegroei het in jou begrip van en liefde vir gebed. Hierdie laaste week gaan ons die vraag “Wanneer moet ons bid?” beantwoord. Ek besef dat ons gedurig moet bid (1 Tess. 5:17). Maar ons gaan dit verdeel in meer tasbare dele.Vandag begin ons met Psalm 5:4 wat ons vertel dat oggende die perfekte tye is vir gebed.

Ek is nie ‘n oggendmens of ‘n aandmens nie. Ek is ‘n dagmens. In ‘n perfekte wêreld sal my dag wees van 8 tot 8. Dit is wanneer ek op my beste funksioneer. Ek beweeg stadig in die oggend, ek voel nie lus vir praat nie, en ek wil definitief nie dink nie. Maar die Woord vertel ons dat om die dag met gebed te begin, ongelooflike voordele inhou. Ons sien dat Jesus vroeg in die oggend tyd met die Vader deurbring (Mark. 1:35), en regdeur die Psalms vind ons dat Dawid praat oor die tyd wat hy in die oggend met God spandeer.

Dit is ‘n geestelike dissipline wat gedoen kan word sonder dat ons die gemak van ons bed hoef te verlaat!Ons hoef nie eers ons oë oop te maak nie. Vir sommige van ons maak dit oggende die maklikste tyd van die dag om te bid.

“Gebed moet die sleutel van die dag wees, en die slot van die aand.”
–  Spurgeon

Glo dit of nie, daar is baie om oor te bid voor ons voete die grond raak.

Ons kan begin met danksegging. Terwyl sommige van ons nie dankbaar voel dat dit oggend is nie, as ons eers begin dink aan dinge om voor dankbaar te wees, dan sal ons gesindheid verander.

So waarvoor kan ons dankbaar wees so vroeg in die oggend?

  • Dat ons ‘n bed het om in te slaap.
  • Dat ons die nag kon deurbring sonder om vir ons lewens te vrees.
  • Dat Hy vir ons die hoeveelheid rus gegee het wat Hy vir ons wou gehad het vir daardie dag (selfs al het kinders ons wakker gemaak, of ons vir geen rede wakker gelê het nie).
  • Dat Hy vir ons werk gegee het, en ons voorberei het om ons daaglikse take aan te vat.
  • Dat maak nie saak wat ons dag inhou nie, niks kan ons verlossing wegvat nie.

Dan kan ons natuurlik na God toe kom met al ons versoeke.

  • Dat ons God sal verheerlik in ons dade en woorde daardie dag.
  • Dat ons alle dinge met dankbaarheid sal benader.
  • Dat God ons sal help om te vertrou, in plaas van om te kommer, ongeag van wat ons dag inhou.
  • Dat Hy ons sal herinner om Sy tyd oordeelkundig te gebruik.

Om elke oggend tyd in gebed deur te bring, voordat ons skedules begin om ons in ‘n honderd verskillende rigtings te trek, sal ons help om ons gedagtes te anker in Christus. Hy is die een wat vandag aan ons gegee het, Hy is die een wat ons lewens handhaaf, Hy is die een wat ons in ons dag moet verheerlik. Hy is ons hulp, ons krag en ons wysheid.

“Laat my elke môre u liefde ondervind, want in U stel ek my vertroue. Wys my die pad wat ek moet loop, want my hoop is op U gevestig.”

Kyk na Jesus,

Week 8: Video

Week 8: Uitdaging

Verbind jouself om te bid voordat jy net uit die bed klim elke dag. Kyk hoeveel dae jy kan gaan sonder om dit te mis.

Week 8: Leesplan


Week 8: Memoriseervers

Week 8

Bid Jy Tot ‘n Vrygewige God?

Banner Vrydag

Bid Jy Tot ‘n Vrygewige God?

deur Jen Thorn |26 Feb 2016

Vrydag Week 7

Die nuwe jaar het nie begin soos ek dit beplan of gebid nie. Ons het baie siekte, onverwagte tandheelkundige prosedures, siek troeteldiere, en ‘n minibus wat begin het om problem te gee, gehad. Terwyl stygende rekeningl frustrerend was – en beslis nie waarvoor ek gebid het nie – het God voorsien. Ons was almal weer gesond en ons minibus het weer gery vir een week. Toe sterf dit heeltemal en daar was geen manier dat dit sou regkom nie. Ons het toe op die oue einde ‘n nuwe kar gekoop en het al die geld wat ons die week tevore in die ou een gesit, verloor. Nie lank daarna het ‘n kragonderbreking ons droër uitgebrand, en soos ek hier sit en tik lê een van my kinders met ‘n hoes en die ander met ‘n maagaandoening.

Dit is taamlik ‘n verleentheid, dat in die skema van dinge, sulke onbeduidende sake veroorsaak dat ek sukkel. Ek het geworstel met hoe God my gebed geantwoord het, en ek het gesukkel om die vrygewigheid van God te sien, selfs al was daar ‘n nuwe voertuig in ons oprit. Dit het gevoel asof God geneem het in plaas van om te gee. Ek is baie bewus gemaak van hoe klein my geloof werklik is.

Soos ek op hierdie verse gemediteer het, het God my werklik oortuig. Hoeveel kere het ek ‘n gebed gebid en nie geglo dat God sal optree of voorsien nie? Hoeveel gebede het ek gebid sonder geloof? En hoe dikwels het ek gebrom, gekla en gestres in plaas van bid? Wat van u?

Het jy geweet dat ons God se vrygewigheid bevraag teken wanneer ons kwaad word vir Sy voorsienigheid, of wanneer ons kla oor wat ons het of nie het nie? Ons twyfel God se vrygewigheid teenoor ons wanneer ons nie vertrou dat Hy sal sorg vir ons, of wanneer ons bid sonder om te glo Hy sal moeite doen om ons te beantwoord. Ons neem God se vrygewigheid as vanselfsprekend wanneer ons ‘n gesindheid van geregtigdheid het, asof God ons iets skuld. En ons noem God ‘n leuenaar wanneer ons gebed heeltemal verwaarloos, want ons glo dit nie sal nie enigiets goed doen nie.

As ons die tyd neem om te ondersoek wie ons in die lig van wie God is, sal ons ‘n vrygewigheid sien wat ons asem moet wegneem.

In ons redding

Jesus het elke enkele een van ons sondes op Homself geneem en die boete betaal wat ons moes betaal het en toe al Sy geregtigheid gekrediteer aan ons as ons eie. Dit is regverdiging en dit is wonderlik. Christus het vir ons ‘n plek in God se koninkryk verseker en ‘n toekoms van onuitspreeklike blydskap. Watter woord is daar wat iets beter beskryf as ongeloflik?

Hoe meer ons die sondigheid van sonde en die grootheid van God verstaan, hoe meer ongelooflik sal ons gawe van verlossing word. Ons huidige sorge sal baie meer onbelangrik lyk en die vrygewigheid van God sal vir ons duidelik word.

In ons Daaglikse lewe

Sodra ons die omvang van die gawe van verlossing wat ons in Jesus het, verstaan sal ons sien dat ALLES wat ons het, is genade op genade. Die Skrif vertel ons dat elke goeie gawe in ons lewens kom van God. Alles insluitende slaap, kos, vriende, elke goeie materiaal besitting, kleur, smaak, gesondheid, familie, ontspanning, die genot van die goeie dinge wat ons het, en soveel meer.  Al te dikwels luister ons na die woorde van die wêreld wat ons vertel dat ons verdien alles wat ons het en meer. Daarom misluk ons om die vrygewigheid van God te sien in ons lewens .

In Gebed

Konings, leiers en bekendes is ontoeganglik. Maar die Almagtige God, die Skepper van hemel en aarde en onderhouer van alle lewe, is toeganklik en beskikbaar. Die feit dat ons by die Een wat almagtig is kan kom met al ons gedagtes en behoeftes, klagtes en stryd wys vir ons ‘n vrygewige God. Die waarheid dat ons sonde ons nie meer verbied van Sy teenwoordigheid behoort ons bly te maak.

Hier is die goeie nuus: God sal nooit goeie dinge van julle weerhou indien dit nie volgens Sy volmaakte wil is nie. Dit sluit in die huwelik, kinders, gesondheid, materiële besittings of enigiets anders wat jy kan aan dink.

God sal nooit “nee” sê bloot omdat Hy nie lus voel om jou gebede te beantwoord nie. Hy is nie lui, lelik, wreed, of onvriendelik nie. Hy is beslis nie suinig nie. As Hy “nee” sê is dit vir ‘n goeie rede. As Hy “nee” sê is dit vir jou beswil. Glo jy dit?

“As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?”  Matteus 7:11

Terwyl God lief is om Sy kinders op hierdie aarde te seën, is Hy baie meer bekommerd oor ons gelykvormig aan die beeld van Christus. Hierdie aarde sal verdwyn saam met alles wat daarin is, maar ons siele sal vir ewig lewe. God is in die proses om ons reg te maak vir ‘n nuwe wêreld  en Hy sal ons alles wat ons nodig het gee om ons gereed te maak.

Kyl na Jesus,

010816_1413_nInleidingt3.png

Wanneer God sê “Wag”

Banner WoensdagWanneer God sê “Wag”

deur Whitney D |24 Februarie 2016

“In praying, we are often occupied with ourselves, with our own needs, and our own efforts in the presentation of them. In waiting upon God, the first thought is of the God upon whom we wait. God longs to reveal Himself, to fill us with Himself. Waiting on God gives Him time in His own way and divine power to come to us. Be still before Him, and allow His Holy Spirit to waken and stir up in your soul the child-like disposition of absolute dependence and confident expectation. Wait on God till you know you have met Him; prayer will then become so different. And when you are praying, let there be intervals of silence, reverent stillness of soul, in which you yield yourself to God, in case He may have aught He wishes to teach you or to work in you.” ~ Andrew Murray

Woensdag Week 7

Ek het die telefoon neergesit na ek met my suster gesels het en kon nie help om te glimlag nie.

God, terwyl ek gesukkel het om te wag, het U al die tyd my toekoms geken.

Ons gesprek het alles gedek van ouerskap tot die nuutste mode, vanaf fiksheid ellende tot die diepste drome in ons harte. En net voor ons klaar gepraat het, het sy my vertel dat sy onlangs iets gevind het in ‘n klomp ou bokse waardeur sy gegaan het.

Voor selfone en Facebook het ons handgeskrewe briewe uitgeruil in kollege. Ek weet, reg? Sy was twee jaar ouer en het die besonderhede van haar lewe uitgepluis gehad. Ek was twee jaar jonger en het gewoon in ‘n wêreld vol onbekendes. Terwyl sy haar Vrydagaande gespandeer het om haar Laura Ashley troue met haar dromerige pastoor – verloofde te beplan, was ek besig om my stryd aan haar op pienk geskulpte skryfbehoeftes uit te stort… en gewonder wanneer die gewag ooit sou eindig.

 Ons vergelyk.

 Ons smag na vertroosting.

Ons wil dit alles, al gister uitgepluis hê.

Ons bid vir God om te antwoord, en soms sê Hy wag.

Dit het was nie aangenaam op daardie tydstip nie. Om te wag is nooit nie. “Maar kyk terug,” het sy gesê, en sien hoe God elke detail vir jou beswil al die pad georkestreer het.”

Die pad het op die ou einde so anders gelyk as wat ek dit oorspronklik beplan het. Met verloop van tyd, sou my wil moes sterf sodat ek Hom duideliker kon sien. Perfekte tydlyne sou oorgegee moet word sodat my afhanklikheid kon skuif vanaf vanaf my tot op Hom. Wêreldse begeertes sou nodig wees om te vervaag sodat dat ek gevorm kon word in die vrou wat Hy wou hê ek moes wees.

En soos ons terug gedink het deur tyd en seisoene, was dit duidelik dat dit nie net God se soewereine hand wat my al die tyd gelei het nie; Hy het ook geweet dat die wag sou die transformasie produseer wat nodig was in my.

Byna 25 jaar later het baie van die inhoud van my gebede verskuif, maar soms bly die gewag. Ek is seker ek sal meer tye ervaar waar ek sal terug kyk en God se weë sal alles sin maak, maar seker sal daar vertragings of antwoorde op gebede wees wat ek nie ten volle sal verstaan ​​totdat ek Jesus van aangesig tot aangesig sien. Maar omdat ek weet dat God werk alle dinge vir my beswil uit en Sy heerlikheid, kan ek met vertroue land waar CS Lewis het oor die saak: “Ek is seker God laat niemand wag nie, tensy Hy sien dat dit goed is vir hulle om te wag.”

En so saam met ons hande los en gehef in oorgawe, wag ons op U, God … want die lewe in U hande is die wag werd.

Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra;

dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here;

~ Klaagliedere 3:25-26

By Sy Voete,

011816_1531_Onttrekomte3.jpg

 

 

 

 

 

Kom ons praat: In watter seisoen van wag is jy. Wat openbaar God van Homself aan jou- en oor jou gedurende hierdie tyd. 

Wanneer God Nee Sê

Banner Maandag

Week 7: Wanneer God Nee Sê

deur Angela |22 Feb 2016 

Maandag. Week 7

 Vandag se skrif is een wat baie na aan my hart is.

Dit is ‘n moeilike konsep om te verstaan… God antwoord gebede met ‘n “Nee”

Hoekom sou ‘n liefdevolle God nie vir sy kinders gee waarvoor hulle gevra het nie.?

Ons het laasweek gelees dat God vrygewig is en weet hoe om vir Sy kinders goeie gawes te gee (Matteus 7:9-11), maar met die eerste oogopslag lyk dit of hierdie skrifgedeelte hierdie waarheid weerspreek… of is dit?

Ons weet uit die Skrif dat God goed is (Psalm 107:1). Hy is liefde, en Sy weë is nie ons weë nie (Jesaja 55:8-9). Tog, sukkel baie van ons wanneer ons probeer verstaan ​​waarom God beweeg in een situasie en nie in ‘n ander nie. Waarom Hy besluit om haar te genees, maar nie vir my nie? Hoekom ‘n liefdevolle Vader “nee” sê aan Sy kinders wanneer hulle tot Hom roep, Hom smeek om ‘n sekere ” doring ” wat in hul lewe is weg te neem.

Wanneer ons kyk na al hierdie situasies met oë en harte gefokus op die hier en nou, is dit moeilik om te verstaan​​. Dit is hoekom ons, ons perspektief, ons “fokus” moet verander as jy mag.

Agter elke “nee” van God is iets GROTER wat Hy in stoor het vir Sy kinders.

Ja, God is vrygewig en ‘n ongelooflike Vader wat sy kinders oorvloedig voorsien met goeie gawes. Wanneer Hy kies om te antwoord met ‘n “nee”, moet ons vertrou dat God iets groter in stoor het vir ons lewens – iets wat ons nie kan verstaan ​​of dink nie- iets waarmee ons net moet loop deur geloof en gehoorsaamheid.

Ek ken ‘n ding of twee oor “dorings in my vlees” en God gesmeek … Hom vir JARE GESMEEK om dit te verwyder. Wanneer ek 2 Kor 12:7-10 lees, is my hart seer vir Paulus, en ek hou verband met sy pleit by God.

Ons is nie seker wat Paulus se doring was nie, maar wat ookal dit was, dit het sy bediening beinvloed.

Van sy perspektief, om te bid om hierdie “doring” te verwyder was ‘n goeie ding. Dit sou hom help om meer effektief te wees in bediening, in die bereiking van meer mense, in die preek van die evangelie … ” is dit nie ‘n goeie ding nie? ” Ek is seker hy het vir God dit gevra in sy gebede .

Tog was God se reaksie “Nee”

“Nee” omdat God  ‘n groter doel vir daardie “doring” gehad het.

As gevolg van Paulus se ” doring ” het ‘n man wie selfstandig was, afhanklik van God geword.

Deur Paulus se “doring “, het hy groter genade ontwikkel en die vermoë om te empatie met ander – vaardighede wat albei dringend nodig was om te help om lief te hê en die opbou van die liggaam van Christus. Deur middel van hierdie “doring”, het Paulus ‘n sterker karakter ontwikkel en ‘n egte nederigheid soos hy heelhartig God gedien het met die wete dat dit nie ek is nie maar “Christus wat deur my werk.” (Filppense 2:13)

En wat was die gevolg van God wat hierdie “doring” in Paulus se lewe toe gelaat het? Mense rondom hom was in staat om Jesus beter te sien deur Hom!

As gevolg van die doring, is God se krag in Paulus se lewe getoon!

Ahhh is dit nie die uiteindelike doel in ons almal se lewens nie? Vir diegene rondom ons, om ons nie te sien nie, maar om Jesus te sien ?

Vir Jesus te verhoog en vir ons te verminder.

Vir my is my “doring” my leer gestremdheid. Ek deel meer oor hierdie storie in my boek You are Loved (Jy is Geliefd) wat ek mede-ge-outeur het met Sally Clarkson, maar soos Paulus, verstaan ek ​​hoe dit voel om te smeek en pleit by God om ‘n “doring” van jou lewe te verwyder.

En ek verstaan die gevoel wat kom wanneer die antwoord “nee” is.

Vir jare kon ek nie verstaan ​​waarom God sou toelaat dat ek leergestremdheid sou hê nie. Ek wou hom vaardig dien, maar ek het gebroke, beskadig en onbruikbaar gevoel.

Laat ek nou eerliks wees met jou, Ek het gans te veel jare gespandeer om daardie leuens te glo.

Niks kan verder van die waarheid wees nie.

Maak nie saak jou verlede en maak nie saak jou foute, wanneer jy jou lewe gee aan Jesus sê die Bybel vir ons dat die ou lewe is verby en ‘n nuwe lewe neem sy plek (2 Kor 5:17). God is ‘n kenner in die genesing van gebroke lewens en bring skoonheid van die as.

Jy is NOOIT te gebreek, beskadig of onbruikbaar vir God nie

Soos Paulus, het ek oor die jare geleer dat daar is ‘n groter doel in my “doring”. Alhoewel ek nog nie daarvan hou om dit te hê nie, het ek geleer om my “doring” te omhels, omdat dit eer gee aan my Vader soos vriende en die mense rondom my Hom sien groter werk in my lewe.

Ek weet sonder twyfel dat ek nie hierdie bediening sonder Hom kan bestuur nie. Elke oggend gaan ek op my knieë voor ek uit my slaapkamer gaan en smeek vir God om te werk deur my … te werk deur my swakhede. Ek is desperaat vir Hom en ek is niks sonder Hom nie. So al is ek swak, maak HY my sterk.

“My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” 2 Kor 12:9

So, wat is die gevolg van my swakheid? Dat ek werklik kan spog in die Here! Dit is God wat werk en bring enigiets goeds wat uit my lewe kom of uit hierdie bediening … dit is ALLES HY!

My lewe is vir Sy heerlikheid.

“Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk” 2 Kor 12:10

So as God kies om my gebede te beantwoord met ‘n “nee” en “dorings” toelaat om te bly in my lewe, dan sal ek op Hom vertrou wetende dat Hy iets groter in stoor het .

Ek sal wag op die Here.

Kom ons praat: Wanneer het God jou gebed met ‘n “nee” geantwoord, en hoe het jy in jou verhouding met Hom gegroei as gevolg daarvan?

Love God Greatly (Lief God Grootliks)

012016_1648_OnsgebedeMa3.jpg

 

 

 

 

 

Week 7 Uitdaging:

Hierdie week lees ons oor die verskillende maniere hoe God ons gebede antwoord. Neem jou tyd hierdie week en skryf in jou Groei deur Gebed joernaal of enige ander joernaal, hoe God in jou lewe gewerk het na Hy een van jou gebede met ‘n “nee” geantwoord het… wat was die groter goed wat van Sy “nee” gekom het.

Week 7 Video

Week 7 Leesplan

Leesplan Week 7

Week 7 Memoriseervers

Week 7

Hoekom Hoor God Ons Gebede?

Banner VrydagHoekom Hoor God Ons Gebede?

deur Jen Thorn |19 Feb 2016

WK6D5 Vrydag

Romeine 8:26-27

Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.

Ek dink hierdie was een van my gunsteling weke op gebed sover. Dit is wonderlik om te leer wat gebed is, hoe om te bid, waarvoor om te bid en die verskillende tipes gebede, maar dit is alles betekenisloos as God ons nie hoor nie.

Daar is baie keer in my lewe toe ek gevoel het asof my gebede nooit die ore van die Here bereik nie. Ek weet dit is ‘n valse persepsie van my kant af, maar dit is ook ‘n aanduiding van ‘n swak hart en ‘n swak begrip van God. As jy enige twyfel het of God jou gebede hoor of nie, hoop ek dat hierdie week ‘n aanmoediging vir julle was.

Een van die rolle van die Heilige Gees is om ons helper te wees (Joh. 14:26) en oh het ons dit nodig. Hy por aan ons gewete wanneer ons in onmin met die Woord van God leef (Joh 16:8).  Hy troos ons in ons pyn (Hand 9:31), en leer ons in ons onkunde (Joh. 14:26), maar Hy help ons ook in ons gebedslewe.

As jy grootgeword het in die kerk het jy waarskynlik die frase gehoor “die Gees tree in vir ons”. Dit klink wonderlik, maar wat beteken dit?

Gebed is ‘n konstante herinnering aan ons dat ons volkome en diep afhanklik van God is vir alles. Ons is gevul met swakheid en hierdie swakheid word dikwels gesien in ons gebedslewe. Ons is maklik afgelei, en laat ons skedules en bekommernisse ‘n wolk oor ons plaas in tye van gebed. Ons raak ongeduldig en jaag deur gebed, want ons te-doen-lys roep en om eerllik te wees, om te begin met die wasgoed, rondharloop en take doen, of ‘n stort neem voor die baba wakker word is meer belangrik as om tyd die spandeer om met God te praat of Sy Woord te lees

Soms weet ons nie hoe om uit te druk wat ons voel nie, want ons harte is koud of gevoelloos. Elke nou en dan haak ons net vas. Ons omstandighede verwar ons, ons voel moedeloos, of ons been moeg en weet eenvoudig nie wat om te sê nie.

Hou moed: Ons bid NOOIT alleen nie. Die Heilige Gees tree vir ons in; Hy bid met en vir ons elke keer as ons bid.

Maar presies hoe help Hy ons in ons gebede?

  1. Die Gees gee rigting

Het jy al ooit iemand gehad wat in jou gedagte oppop en ‘n behoefte voel om vir hulle te bidi? Dit is ‘n aanporing van die Heilige Gees. Moet dit nie ignoreer nie. Hy is ons berader wat by tye op ons harte sal neerlê die dinge waaroor ons behoort te bid. Miskien is dit ‘n persoon, miskien is dit ‘n omstandigheid, of miskien is dit ‘n aanporing om te berou. Dit is ‘n manier waarop die Heilige Gees ons help om ons gebede rigting te gee.

  1. Die Gees tree in wanneer ons nie weet waarvoor om te bid nie

Hoe dikwels het dinge in ons lewens gebeur wat ons laat wonder het wat het God gedoen? God se weë is nie ons weë nie, en dit kan lei dat ons heeltemal deurmekaar voel. Ons weet nie die soewereine wil van God nie, so ons weet nie of ons vir genesing, of krag, of meer geloof en geduld moet bid nie. Al hierdie dinge is goeie dinge om vir te bid, maar ons vind onsself sonder rigting in die middel van ons seer.

Wanneer ons raadop is, kan ons verseker wees dat die Gees nooit verward is oor wat ons nodig het nie. Hy weet presies waarvoor om te bid want hy ken die begeertes van ons hart en die wil van die Vader. En omdat die Gees se gebede altyd in ooreenstemming met die wil van die Vader is, word hulle altyd beantwoord. Dit is vir my verbasend! Dit moet ook ‘n groot aanmoediging vir ons wees om aan te hou bid veral wanneer ons swak voel, wanneer ons oorweldig is, of wanneer ons verwoes is.

God het gesê dat Hy ons nooit sal verlaat nie – dit sluit in ons tye van gebed. Die Gees is daar by ons in ons swakheid, en help ons bid en tree in names ons.

Nie een van ons gebede word gemors nie! God die Vader hoor hulle almal, want Hy sorg vir diegene wat gekoop is deur die kosbare bloed van Jesus en verseël is vir ewig met die Heilige Gees wat vir ons intree elke keer as ons bid. Geen wonder dat gebed so kragtig is! So bid met vrymoedigheid oor alles en nog en onthou dat God in jou werk en hoor al jou gebede.

Kyk an Jesus

010816_1413_nInleidingt3.png

God Is Naby Die Gebrokenes

Banner Woensdag

deur Terria|17 Feb 2016

WK6D3 Woensdag

God is naby die gebrokenes

“Here, help my”

“Asseblief God, nee”

“Hoekom, God, hoekom?”

Die meeste van my gebede was drie woorde of minder … die kort skokkend pleit gebede van hartseer. Maak nie saak van die grootte, daardie eenvoudige gebede was genoeg vir die God van die heelal om op te staan ​​uit sy hemelse troon en af te daal in die dieptes van my hart, om my te koester en te troos. Die Here is naby die gebrokenes. Wanneer ons op ons swakste is, is God ons krag om opnuut te begin. Wanneer ons by ons laagste is, gee God hoop om weer op te staan. Wanneer ons op ons hartseerste is, sit God ons harte oomblik by oomblik weer aanmekaar.

Ons eerste neiging mag wees om te vra hoekom, maar “hoekom” is dikwels die verkeerde vraag. Ons gedagtes sal nooit die gedagte of wil van God verstaan nie​​. Sy doel in ons hartseer gaan ons vlak van begrip te bowe. Selfs al het ons die “hoekom” geweet  in die midde van hartseer, sal die antwoord waarskynlik van min troos wees. Wanneer ons met die dood, verraad , aanranding, hartseer, of haat, in raking kom sal die kennis van ‘hoekom’ nie veel doen om te troos of te bevredig nie.

Die beter vraag is “hoe”  Here hoe sal ek deur hierdie kom? Hoe sal ek lag en weer blydskap ervaar? Hoe kan ek weer vertrou? Hoe maak U alles nuut? Die antwoorde kom wanneer ons, ons harte ongebreidelde aan God in gebed uitstort. Ons gee al ons vrae, ons twyfel, ons pyn en ons trane oor en vertrou dat Hy ons hoor en Hy gee om. Omdat Hy God is, kan Hy ons harde vrae hanteer. God ontmoet ons reg op die plek waar ons is. Hy verlang om van ons te hoor wanneer ons voel om op te gee. Wanneer ons pyn die diepste is en ons twyfel die grootste, sal God met ons bly.

Jesaja 41:10

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou,             Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

In die midde van my hartseer, was gebed die laaste ding wat ek wou doen. Ek het die leuen geglo dat God ver, losstaande, en baie ver van my af is. Die waarheid is, is dat ek myself van Hom geskei en geïsoleer het. Daardie donker tye is wanneer ek regtig gesukkel het. Pyn het my swakheid en gebrek aan beheer oor al die onsekere omstandighede van my lewe blootgestel. In die midde van my pyn is wanneer ek God die meeste nodig het. God het geduldig vir my gewag om myself oor te gee, om uit te stap in geloof, en op Hom te leun in volslae afhanklikheid. Ons moet mees desperaat bid in daardie tye wanneer dit blyk om moeilik te wees.

Wanneer ons uitstap in geloof en God soek in ons hartseer, openbaar Hy aan ons Sy soewereiniteit. Soos ons praat met God, herinner Hy ons aan die fisiese, geestelike en emosionele angs wat sy seun Jesus vir ons verduur het. Soos ons bid tot God vind ons dat Hy ons gerus stel van hierdie waarhede in Sy Woord. Geen pyn wat ons verdra word vermors nie. Elke traan is gered en bewaar. Ons hartseer is nooit verniet of sonder ‘n doel nie. God belowe dat alle pyn, hartseer en droefheid sal eindig. Daar is ‘n groot hoop wat voorlê vir God se mense. God wil ons nie net versterk en lief  wees vir ons op net ons goeie dae nie.  Wanneer ons ons ergste dae  het, herinner God ons daaraan dat sy sterk Hand wat die fondamente van die aarde gelê het is dieselfde Hand wat ons trane afvee, ons omhels, ons lig, en ons handhaaf. Ons Here is naby die gebrokenes en red diegene met ‘n verslae gees.

Psalms 34:18

Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.

Hoe het God jou dieper na Hom toe getrek deur jou hartseer? Hoe is jou hartseer omskep in ‘n platform om God te verheerlik en ander te troos?

Terria

Terria is op ons LGG bemoediger en sosiale media span. Sy is ‘n enkelma van twee tienermeisies. Haar passie doel is om ‘n rewolusie te begin om enkel vroue te bemagtig om te gryp aan God se waarheid en daaraan te klou. Sy is lief om te praat, en is lief om te luister. Sy kan dikwels gevind word in lawaaierige gange van die hospitaal waar sy luister na mense se stories, en die lesse en liefde wat God uitgestort in haar lewe  te deel. Ten spyte van die chaotiese en slordig omstandighede van Terria se lewe, wys God Homself as sterk en liefdevolle. Die bewyse is duidelik – Hy lief hard.!

Het jy Maandag se blog mis geloop kliek hier

 

God Is Naby

Banner Maandag

God Is Naby

deur WhitneyD|Feb 14, 2104

Hy het stadig sy pad met die trappies afgemaak, half in ‘n diep slaap en my naam gefluister terywl hy probeer het om nie te struikel nie.

 “Ma,” het hy gefluister

In sy verwarring en uitputting kon hy skaars my naam uitkry, maar ons mamas is ingeskakel in die hoor van ons kinder se stemme soos geen ander.

Hy het nie die woorde vir sy behoefte dadelik gehad nie, maar hy het nie nodig gehad nie. In daardie oomblik – meer as enigiets – het hy net nodig gehad om te weet dat hy ‘n veilige plek het om na te gaan. Hy het bevestiging nodig gehad sonder voorwaarde, skuld, of prestasie, hy kan altyd na my toe hardloop en rus vind.

Alhoewel ek nie meer babas in hierdie huis het nie, leer ek dat selfs die langer as ek moet weet dat ek naby is; dat hulle kan struikel met die trappies af en deur die lewe op enige dag en enige tyd gaan, en dat ek hulle sal verwelkom met ope arms.

Dit is regte die definiese van ‘n moeder se hart, is dit nie?

Hy het my naam geroep, en ek het na hom toe gehardloop.

En voor enige een van ons nog ‘n woord kon sê, het hy in my arms geval en sug van verligting gegee, want het geweet hy word vasgehou.

WK6D1 Maandag

Kind van God, het jy vergeet dat jy toegaan het tot jou hemelse Vader in ‘n meer groter manier?

“God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God.” Romeine 5:1-2

Ons is deur geloof geregverdig. Die woord ” geregverdig ” in Grieks beteken ‘n eenmaal vir al transaksie. Dit beteken dat as ‘n kind van die Allerhoogste kan jy in die arms van jou Vader val op enige dag en enige tyd sonder voorwaarde, skuld, of prestasie wetende dat julle deur Christus  onskuldig verklaar is deur die Een wat in jou plek gesterf het.  Vir eens en vir altyd julle ouens… O, laat die omvang van hierdie genade diep inweek onder in ons harte .

Ons het vrede met God. Trippetone jy deur die lewe in vrees en wonder wanneer God dalk sy woede op jou gaan neer bring die oomblik dat jy struikel? Hoor dit dan vandag: “Die groot waarheid van die evangelie is nie die oomblik wanneer ons Christus omhels as ons Verlosser toe ons heeltemal verander het nie, maar eerder op daardie oomblik wanneer ons heeltemal vergewe was. En omdat ons vergewe is, het ons nou vrede met God -‘n vrede wat nooit weg geneem kan word nie. ” – Daniel Wallace

Ons het toegang tot hierdie genade. Hierdie genade kom nie van ‘n afgeleë plek of van ‘n onbereikbaar God nie. Dit word nie getwyfel of gekenmerk deur menslike onvolmaaktheid nie. O nee. As gevolg van Jesus kom hierdie genade van ‘n toeganklike God – ‘n barmhartige Vader wie se hart ingestel is om te hoor ons fluister sy naam en gereed is om ons te verwelkom met ope arms. Die onuitwisbare gawe van genade oorbrug die gaping wat ons eens van God geskei het en is nou ‘n plek waar ons voortdurend leef … en met vertroue kan staan ​​.

O suster, ons kan juig – en rus – in hierdie hoop. God is naby aan almal wat Hom roep; aan almal wat Hom roep in waarheid (Psalm 14 :18  .

Was jy al verward en uitgeput, gestruikel deur die lewe en huiwerig om te hardloop na die Vader in gebed?

Vandag – selfs as jy nog nie die woorde het – vind rus van hierdie moeë wêreld in jou Vader se arms. Hy wag, luister, en verlang om Sy genade en vrede in jou lewe uit te stort

En voordat enigeen van ons ‘n nog woord gesê, het ek in sy arms geval en ‘n sug van verligting gegee, want ek het geweet dat ek vasgehou word.

Hierdie is die definisie van ‘n Vader se hart…

By sy Voete

011816_1531_Onttrekomte3.jpg,

 

 

 

 

*Kom ons Praat: Neem jy voordel van jou volle toegan na God as ‘n dogter van die Koning wie geregverdig is deur geloof? Indien nie, wat staan ​​in jou pad?

Week 6: Video

Week Ses Uitdaging: In jou studie joernaal of op ‘n aparte vel papier, skryf ‘n gebed uit tot God, en dank Hom vir die toegang wat jy het na Hom deur Jesus.

Week 6: Leesplan

Leesplan Week 6

Week 6: Memoriseervers

Week 6

 

Julle moet julle vyande liefhê

Banner Vrydag

deur Jen Thorn|12 Feb 2016

WK5D5 Vrydag

Julle moet julle vyande liefhê

“Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word. – Lukas 6:27-28

Een van die moeilikste opdragte in die Skrif vir Christene is om hulle vyande lief te hê. Ek sou sê dat afgesien van Christus is dit ‘n onmoontlikheid, omdat dit te veel verg. Elkeen van ons het onregverdige lyding ervaar in die hande van ‘n ander persoon, en tog is Jesus baie duidelik dat ons aan diegene wat ons beseer en mishandel het, lief hê. Hy gee vir ons drie maniere om dit te bereik.

  1. Doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word

Om goed te doen is ‘n aksie en ons behoort gereed en bereid te wees om goedhartige dinge te doen aan diegene wat minder oor ons besorg is. Aksies praat harder en vriendelikheid teenoor iemand wat naar is kan ‘n manier wees om hulle die onverdiende goedhartigheid van God te wys.

  1. Seën die mense deur wie julle vervloek word

Ons is geneig om baie min aandag te gee aan hierdie deel van die vers. Ons lees oor dit, sonder dat dit ‘n groot indruk op ons harte en aksies los. Seën die wat vir julle vervloek is alles oor hoe ons met diegene praat wat ons seer gemaak het en hoe ons oor hulle praat wanneer hulle nie  in die rondte is nie. Vloei gif uit ons monde? Is ons bitter? Is ons mooi in hulle gesigte maar sê dan ​​agter hul rug, dinge soos ” Ek kan haar nie verdra nie”, ” Ek hoop sy kry wat sy verdien”?

Om die te seën wat vir julle vervloek, vereis dat ons goed praat na en oor diegene wat ons seer maak, spot met ons geloof en verkleineer wat ons liefhet.

Hulle, in wie se tonge die wet van liefde is , kan goeie woorde gee aan diegene wat slegte woorde aan hulle gee.
– Matthew Henry

  1. Bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.

Jesus gee ons nie enige uitweg nie. Ons is vertel dat ons, ons vyande moet lief hê deur middel van aksie en deur woorde, maar ons kan nie daar ophou nie. Ons is ook geroep om vir hulle te bid, en vir baie van ons is dit die laaste ding wat ons wil doen.

Maar God het gekies om gebed te gebruik as ‘n middel om Sy wil te bring, en dit is deur middel van gebed dat mense kan verander.

Ons behoort te bid dat God hul harte sal gryp en hulle verander in God liefhebbers in plaas van God haters. Ons weet dat ewige straf wag vir diegene wat nie glo nie, en ons moet pleit by God – dat deur Sy genade – Hy hulle sal red, net soos Hy ons gered het.

Ons praat baie oor om soos Jesus te wees. Dit is nie ‘n ligte versoek nie. Om te bid vir ons vyande en goed te doen aan dié wat ons seermaak is om soos Jesus te wees. Hy het gebid vir sy vyande, terwyl hy sterwend aan die kruis was.

Hoe meer gereeld ons bid vir diegene wat ons haat hoe meer sal ons groei in deernis vir hulle. Vir eers kan dit baie moeilik wees, maar deur ons gebede mag God nie net die mense wat ons seergemaak het verander nie, maar ons sal ook verander word. En deur dit alles sal ons ‘n vrede ervaar wetende dat ons alles na God toe bring in gebed.

Kyk na Jesus,

010816_1413_nInleidingt3.png

Vier Maniere Om Te Bid In Lyding

Banner Woensdag

Vier Maniere Om Te Bid In Lyding

deur WhitneyD|10 Feb 2016

As jy net vir een ding elke dag vir die volgende 30 (in die hoop dat God sal antwoord in die manier wat jy begeer) kon bid, wat sou dit wees?

Stop.

Moenie te hard dink nie. Volledige deursigtigheid hier,  meisies. Wat is die eerste ding wat by jou opkom?

In my invloedsfeer, hier is wat sommige van julle vra …

 ‘n Beter werk.

‘n man.

Fisiese genesing .

Betekenisvolle vriendskappe .

Finansiele voorsiening.

Die terugkeur van ‘n verlore kind.

Vryheid van depressie.

Versoening in ‘n verouding.

‘n Vakansie van die stress van die lewe.

Alhoewel ons elkeen ‘n ander storie het om te vertel, styg swaarkry dikwels tot die oppervlak van ons lewens en beland ons by die voete van Jesus waar ons onself vind om te smeek vir Sy ingryping en genade. Dame, jy het op die regte plek geland. Maar wanneer ons vasgebind is in die gewig van ons elke dag se persoonlike gevegte, verloor ons soms die groter prentjie van God se hart vir die wêreld

WK5D3 Woensdag

Paulus se gebede het vas gebly op die hart van God, selfs te midde van uiterste ontbering.

Ons lees vandag in Kolossense 1 dat Paulus homself onder huisarres bevind het in Rome, en skryf aan gelowiges in die klein stad van Kolosse. Die lewe was beslis ver van volmaak. Terwyl Paulus verhoorafwagtend in die hoop van die verkryging van sy fisiese vryheid, het die Kolossense konstante druk ervaar van die valse leraars wat probeer het om die grondslag van hulle geloof te skud.

Saam met hierdie mees onlangse swaarkry, weet ons ook dat Paulus gewoon het met sy ewige doring in sy vlees (2 Kor.12), en dat hy reeds erg gely het vir die saak van Christus in die aanloop tot dié tyd (jy kan ’n nederige opsomming lees in 2 Kor.11​​.

Ons sou verstaan ​​het as Paulus uitgeroep het, “Waar is U, Here?” in die midde van hierdie reeks proewe wat hom in die loop van sy lewe geteister het. Ons sou dit  heeltemal kry as sy woorde twyfel of ‘n begeerte om op te gee gekommunikeer het, en ons sal hom waarskynlik ‘n “high-five” gee in ooreenkoms as sy gebede ‘n bietjie bitter uit die onverbiddelikheid van dit alles sou geklink het.

Maar ongelooflik, weerspeël Paulus se brief nie een van hierdie houdings nie.

Ek sien ten minste vier dinge wat ons kan leer uit Paulus se gebede namens die Kolossense in tye van lyding:

1.Bid met ‘n fokus op God . ” … Vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig, ten einde om te loop op ‘n wyse waardiglik voor die Here, om Hom ten volle te behaag en vrugte in elke goeie werk te dra en om te groei in die kennis van God. “

Uitdaging : In plaas van net te bid vir God om jou doring te verwyder, bid dat God jou sal vul met Sy wysheid en verstand, dat jy sal groei in Sy gelykenis en dat jy die Here sal behaag en vrugte dra vir Sy Koninkryk in die middel van jou lyding. Bid met Vrymoedigheid dat ongeag van jou omstandighede, sal jy grootliks tevrede wees in God.

2.Bid met ‘n fokus op ander. “Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie”; “Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard.”

Uitdaging : In plaas van net te bid vir jou eie behoeftes, kies doelbewus om diegene op te hef in jou lewe wat versterk moet word deur God se krag, sodat hulle kan verduur en geduld hê met vreugde in hul lyding (en moedig hulle dan aan om hulle dan te laat weet dat jy vir hulle bid). Om ander – gefokus te wees gee ons dikwels die nodige perspektief en die geleentheid om ander te troos met die troos wat ons onsself van God ontvang het (2 Kor. 1: 4)

3.Bid met ‘n fokus op die evangelie. Die evangelie het julle bereik, en net soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en verder versprei, gebeur dit ook by julle van die dag af dat julle van God se genade gehoor het en dit leer ken het soos dit werklik is.”

Uitdaging: As Christus volgelinge in tye van swaarkry, bid met vertroue met jou hart ingestel op die waarheid van die evangelie – onthou Christus se opoffering en oorwinning oor die dood, die genade waarin jy nou staan ​​(Rom 5:2) en die feit dat jou huidige lyding nie vergelyk met die heerlikheid wat aan jou geopenbaar sal word (Rom 8:18). Wat ‘n geleentheid vir die wêreld om die hoop van die evangelie uitgeleef deur jou te sien!

4.Bid met ‘n fokus op danksegging. “Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle”; Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig.

Uitdaging: Tel jou seëninge – hoorbaar,  noem hulle terug na die Vader in jou gebede – en kyk hoe jou kortstondige lyding verdwyn in die lig van Sy heerlikheid en genade .

As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid~ Jakobus 5:13

By Sy Voete,

011816_1531_Onttrekomte3.jpg

 

 

 

 

 

 

* Kom ons praat: Is jy gereed om jou gebedslewe te omskep in die midde van lyding? In die kommentaar, deel jou gebed gebaseer op een ( of meer ) van die uitdagings in vandag se pos …

Het jy hierdie week se uitdaging, memoriseervers of video mis geloop, klik hier

Bid Dat Ons God Mag Ken

Banner Maandag

Bid Dat Ons God Mag Ken

deur Angela| Feb 7, 2016

WK5D1 Maandag

“hou ek ook nie op om God vir julle te dank nie. Wanneer ek in my gebede aan julle dink, bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, Efesiërs 1:16-18”

Ek hou van hoe Paulus vir sy vriende gebid het; so direk, so doelgerig … hy het nie rond gemors nie.

In vandag se verse sien ons Paulus bid dat God sy vriende wysheid en openbaring sal gee, dat die oë van hul harte sal oopgaan en uiteindelik sal hulle God beter leer ken.

Ek wil God beter ken.

Ek wil nie net tevrede wees met net die weet van God nie….Ek wil regtig God ken. Ek wil hê die oë van my hart moet heeltemal oop wees … ek wil die wêreld sien hoe God dit sien. Ek wil mense sien hoe God hulle sien. Ek wil wysheid hê in situasies en die oë van my hart oop sodat ek kan sien waarmee ek regtig te doen mee het… so baie kere het ek Sy openbaring nodig in my lewe.

Sy weë is nie my weë nie en kennis oor God is nie gelyk aan ‘n verhouding met God nie. Neem die Fariseërs as ‘n voorbeeld in Mattheus 15:8.

“Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af.” Matteus 15:8

Daar is ‘n verskil tussen kennis en verhouding, ‘n verskil tussen om te weet oor God en werklik ‘n persoonlike verhouding met Hom te hê.

Voordat ek met my man begin uitgaan het, het ek geweet van Dirk. Ek het feite geken, soos sy naam, hoe oud hy was, waar hy gewoon het, watter sport hy gespeel het, en wat sy belange was… ens.

Feite

Toe het ek en Dirk begin uitgaan. Van daaraf het ons meer tyd saam gespandeer, vir ure gepraat op die telefoon ( Ahhhh ek klink ou modes) en ‘n wye verskeidenheid onderwerpe bespreek van wie ons van gehou het tot wat ons sou dra tot ons “prom” tot belangrike wêreld veranderings onderwerpe, jy weet.

Tog, soos die jare aan gegaan het en hoe meer tyd ons saam gespandeer het, het ons verhouding verdiep en het ons gegaan van vlak gesprekke tot dieper gesprekke soos die bespreking van ons doelwitte , drome en wat ons gedink het wat God met ons lewens wou doen.

Met tyd, intensionaliteit en toewyding, het ons verhouding dieper en dieper gegroei soos ons gegaan het van mekaar net ken tot werklik mekaar ken en mekaar lief te hê .

So hoe kan ons “God beter ken? ”

Soos met enige verhouding, vat dit om weg te beweeg van die oppervlakkige kennis vlak tot om tyd saam met God te spandeer, sy Woord lees en in gebed.

Dit neem toewyding tot die verhouding, om die tyd in te sit en om kweesbaar te wees. Wees eerlik met God as jy bid. Vertel Hom hoe seer jy het. Vertel Hom hoe jy regtig droogemaak het, hoe jy jou humeur verloor het en iets gesê wat jy nie moes gesê het nie. Vertel Hom hoe jy vertroos moet word en jou daaraan herinner dat Hy jou liefhet. Vertel Hom hoe dankbaar jy is vir die tweede kans en vir genade … ja so dankbaar vir genade.

Soos jy tyd spandeer om die Bybel te lees en meer te leer van God en hoeveel Hy jou liefhet sal Hy met jou praat deur sy Woord. Jy sal verbaas wees oor hoe die woorde tot jou hart sal praat oor situasies waarin jy is en die wysheid en instruksies wat jy sal ontvang. Soos jy na God toe kom en oopmaak in gebed deur die deel van die goed, die sleg, die lelik sal jou verhouding groei en jy sal God sien werk en Homself onthul in jou lewe soos nog nooit tevore nie.

So in ‘n ” Paulish ” mode, wil ek graag afsluit met ‘n gebed oor jou omdat jy na en kosbaar is na my hart en omdat ek wil hê jy moet God beter leer ken, net soos ek doen

“Liewe God,

Dankie vir hierdie lieflike vriende waarmee U ons mee geseën het hier by LiefGodGrootliks! Dankie vir hul liefde vir U en hul begeerte om in U Woord te wees! Ek bid vandag, Jesus, dat hulle sal groei in hul kennis van U soos hulle hul liefde vir U en U Woord verdiep. Maak die oë van hulle harte oop, Jesus, help hulle om U meer duidelik te sien in hul lewens en gee hulle wysheid en openbaring om passievol en met vrymoedigheid vir U te lewe. Ons het maar net een lewe om vir u te leef, God, help ons om nie te lewe in vrees, maar in en deur U liefde. Help ons om te sien met U oë! Help ons om U te vertrou en U beter te ken. Ons wil nie in ‘n vlak , oppervlakkige verhouding bly nie , help ons om ons oë gefokus te hou op U en ons lewens oor te gee aan U. Vir U heerlikheid, beweeg kragtig deur ons! Amen! ”

Kom ons praat: Watter stappe neem u om God te ken op ‘n dieper vlak?

Lief God Grootliks.

012016_1648_OnsgebedeMa3.jpg

 

 

 

 

Week 5 Video:

Week 5 Uitdaging: Hierdie week wanneer jy bid, vra doelbewus vir God om jou die Gees van wysheid en openbaring te gee, sodat jy hom ook beter mag ken! Bid hierdie oor jou vriende en familie ook!

Week 5: Leesplan

Leesplan Week 5

Week 5 Memoriseervers

Week 5